Suid-Afrika herroep diplomate in Tel Aviv

Lees ook :

Suid-Afrika herroep diplomate in Tel Aviv
Suid-Afrika onttrek diplomate in Israel

Lees ook: Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aangekondig die kabinet het besluit om al Suid-Afrika se diplomate in Israel te onttrek as gevolg van die oorlog tussen Israel en Hamas.

Ntshavheni het gesê die regering het besluit om al SA se diplomate in Tel Aviv te onttrek vir beraadslaging, om te wys Suid-Afrika ondersteun nie die oorlog nie.

Ntshavheni het ook gesê daar is kommer oor aanmerkings wat deur Israel se ambassadeur in Suid-Afrika gemaak is en die departement van internasionale samewerking en betrekkinge is gevra om teen hom aksie te neem.

Die kabinet het ook gesê die internasionale strafhof moet oorlogsmisdrywe in die Midde-Ooste ondersoek.

Bronne: IOL, eNCA, Algoa FM, Gulf News

Lees ook: Pro-Palestina groepe eis uitsetting van Israelse ambassadeur in Suid-Afrika

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief