Suid-Afrika het Israel se “onwettige” aanval op Doha, Katar, veroordeel. Die woordvoerder vir die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Chrispin Phiri, het gesê “Suid-Afrika veroordeel die onwettige aanval deur die Israeli-weermag in Doha, Katar, wat ’n residensiële gebou geteiken het waarin lede van die politieke buro van Hamas glo bly”.
Lees ook: Israel val Hamas-leierskap in Katar aan
Hy het gesê: “Hierdie aanval op Katar is ’n blatante oortreding van internasionale wet en oortree die beginsels van soewereiniteit en territoriale integriteit terwyl dit die beskerming van burgerlikes, soos uiteengesit in die Verenigde Nasies se Handves oor internasionale humanitêre reg, in gevaar stel.”
Die departement van internasionale betrekkinge en sametrekking het sy ondersteuning aan Katar uitgespreek en weer ‘n oproep vir vrede gedoen.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, SA News
Lees ook: Israel val Hamas-leierskap in Katar aan





