Lees ook: Meer padblokkades vir Paasnaweek verwag
LONDEN. – Suid-Afrika se Three Ships-whiskey het die titel van “World’s Best Blended Limited Release” by die World Whiskies-toekenningsgala in Londen gewen.
Nog vier ander Suid-Afrikaanse whiskeys het ook toekennings gekry. Altesaam 200 kenners het meer as 1 500 whiskies van 40 lande vir die toekennings beoordeel.
Bain’s Founders Collection 15 jaar whiskey het die prys vir “World’s Best Grain Whisky” gewen.
Die ander twee wat gewen het, was die Three Ships Whisky 5-Year-Old Premium Select en die Three Ships Whisky 21-Year-Old Millennium.
Bronne: IOL, Affluencer, Biz Community
Lees ook: Meer padblokkades vir Paasnaweek verwag