SUID-KOREA. – Die bosbrande in Suid-Korea is gister (Sondag) ten volle geblus. Altesaam 75 persone is in die brande oorlede, 48 000 hektaar is vernietig en sowat 3 000 huise, 30 kulturele erfenisgebiede en 2 000 landboufasiliteite is vernietig.
Lees ook: Bosbrande in Suid-Korea begin weer
’n Man (56) is vir ondervraging deur die polisie geneem na hy glo oorgroeide gras op ’n familiegraf verbrand in Uiseong, een van die gebiede wat die ergste deur die brande geraak is.
Bronne: The Independent, IOL, Mid-Day
Lees ook: Bosbrande in Suid-Korea begin weer
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





