Lees ook: Meer as 200 families sonder skuiling na brand in Johannesburg
SUID-KOREA. – ’n Airbus-vliegtuig het gisteraand op die Gimhae-lughawe in Busan, Suid-Korea, aan die brand geraak.
Altesaam 176 mense moes ontruim word na ’n brand ontstaan het in die stert van die Airbus A321 wat van Busan na Hong Kong onderweg was. Sewe persone is beseer. Vier van hulle was bemanningslede wat borspyn ervaar het van rookinaseming. Die ander drie beseerdes, passasiers, het rugpyn ondervind.
Die rede vir die brand is onbekend.
Bronne: The Independent, BBC, New York Times
Lees ook: Meer as 200 families sonder skuiling na brand in Johannesburg





