Lees ook: Donderstormwaarskuwings uitgereik vir Wes-Kaap
KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 4-weerwaarskuwing vir erge donderstorms uitgereik vir die Kaapse Wynland en Overberg-distrikte.
Daar is ook nou ’n waarskuwing oor erge donderstorms vir Kaapstad uitgereik. Die SA-weerdiens voorspel swaar reën, sterk winde, erge donderstorms, weerlig en hael.
Mense word gewaarsku om versigtig te wees en eerder van die paaie af te bly.
Bronne: IOL, EWN, SA People





