KWAZULU-NATAL. – ‘n Swanger vrou is Donderdag deur haar vermeende vriend in Ridgestraat, Umhlanga, met ‘n Ford Ranger raakgery.
KZN VIP Protection Services sê KZN VIP Medics is na die toneel gestuur waar ‘n vrou met matige beserings aangetref is nadat sy deur ‘n voertuig gestamp is. Die bestuurder van die voertuig het glo van die toneel gevlug, terwyl gemeenskapslede hulle gehaas het om die vrou by te staan, waar sy in die middel van ‘n besige pad gelê het.
Die vrou is eers gestabiliseer en daarna vir verdere mediese behandeling na ‘n fasiliteit vervoer.
Alle rolspelers was op die toneel en die insident word deur die polisie ondersoek.





