Swazi-burger in hegtenis vir die ‘besit van R17.4 m. se sigarette’

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ’n Man (43) van Eswatini is Vrydag 5 Desember in Sundra, Delmas, deur die polisie in hegtenis geneem vir die beweerde besit van sigarette ter waarde van ongeveer R17,4 miljoen. Die sigarette is in watertenks vervoer.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie het inligting ontvang oor die sigarette wat vervoer word. Delmas-polisie het omsreeks 22:00 met behulp van Sundra-polisie en veiligheidsmaatskappye die inligting nagegaan, waartydens die vragmotor met twee sleepwaens in Sundra opgemerk en gestop is. Die vragmotor en sleepwaens het 12 watertenks vervoer. Die 12 watertenks met ‘n kapasiteit van 5 000-liter was gepak met verskeie handelsmerke sigarette. In totaal is daar op 25 pallette sigarette beslag gelê.

Die verdagte het op aanklag van die besit van onwettige goedere in die Delmas-distrikshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief