“Sy kan nie eers matriek skryf nie,” sê ma van beseerde meisie

Lees ook :

Foto's verskaf

Nicolene Mouton van Kuruman, ma van die beseerde Nolene Mouton (18) van Bloemfontein, is baie bekommerd oor die beserings wat die tiener op 15 Oktober in ‘n ernstige motorongeluk in Bainsvlei opgedoen het.

Nolene, wat tans in matriek is, kan tans nie haar NSS-eindeksamen skryf nie, maar word wel die kans gegun om dit in Mei en Junie 2023 te doen.

Haar ouers se grootste bekommernis is om vas te stel of alles met haar brein reg is.

“Hulle was drie in die kar. Hulle het ‘n verkeerslig van Bainsvlei se kant genader. Die lig was groen vir hulle. ‘n Voertuig sonder ligte het doodstil by die robot gestaan. Die bestuurder het glo sy oë van die pad gehaal en weggetrek en onverklaarbaar met die motor waarin my dogter was, gebots. Hy het glo wel probeer uitswaai, maar kon nie die ongeluk vermy nie.”

Na bewering het Nolene, wat agter in die voertuig in die middel van die sitplek gesit het, glo met impak vorentoe geskiet en panele ens. getref, waarna sy terug agter toe is en onder tussen die sitplekke beland het.

Nicolene-hulle is eers die Sondag van die ongeluk ingelig en het hul gehaas om by hul dogter uit te kom.

“Sy was in die Pelonomi-hospitaal en dit was hartverskeurend om ons kind so te sien.”

“Die Maandag het sy ons darem herken, maar sy kan niks wat die ongeluk voorafgegaan het op die betrokke dag onthou nie.”

Sy is die Woensdag uit die hospitaal ontslaan.

“Sy het harsingskudding, snye aan haar kop waar daar 22 clips in is en haar gesig was geswel en water in haar voorkop. Sy het geskeurde ligamente in haar regterknie en haar regterhand is tussen die duim en voorvinger gebreek. Daar is nie eers X-strale geneem nie. Sy is sommer net so ontslaan.”

Hierdie beserings het eers vir die familie duidelik geword toe hulle haar op die 21ste Oktober privaat na die Mediclinic toe geneem het en verskeie brein-, bors- en ander skanderings gedoen is. Nolene behoort nie aan ‘n mediese fonds nie.

Sy verkeer tans steeds in baie pyn en moet weer op 2 Desember teruggaan vir ‘n mediese opvolgondersoek.

“Ons wil weer aanvra vir ‘n breinskandering omdat sy so vergeetagtig is, net om seker te wees dat alles in orde is.”

Indien enigiemand met donasies vir die mediese ondersoek wil help, word hulle versoek om met Nicolene in verbinding te tree by 068 541 9619.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief