GAUTENG. – Piyatida Noknork (29) is Vrydag deur die Valke op aanklag van mensehandel in Observatory, Johannesbug, in hegtenis geneem.
AO Thatohatsi Mavimbela sê lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het inligting oor beweerde mensehandel ontvang. Daar is op ‘n huis toegeslaan waar twee Taiwannese vroue seksueel uitgebuit word. Hulle is na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die verdagte is in hegtenis geneem. Sy het Maandag in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot 18 Junie uitgestel.





