Taliban ‘verbied’ vroue opleiding as vroedvroue en verpleegsters

Lees ook :

Taliban 'verbied' vroue opleiding as vroedvroue en verpleegsters
Taliban 'verbied' vroue opleiding as vroedvroue en verpleegsters fotokrediet: Canva

Lees ook: Taliban se nuwe wette verbied vrouens om in openbaar te praat

AFGHANISTAN. – Die Taliban het vroue wat opleiding as vroedvroue en verpleegsters ontvang, Dinsdag gevra om tot verdere kennisgewing nie verder klasse by te woon nie.

Dit was die laaste opleiding wat vroue in Afghanistan kon ontvang sedert die Taliban in 2021 tienermeisies verbied het om ander tersiêre opleiding te kry. Vroue is ook deelname aan sport, asook om in die openbaar te verskyn en te praat, ontsê.

Vroue mag ook nie mediese behandeling van mans ontvang as ‘n manlike voog nie teenwoordig is nie. Daar is kommer dat meer vroue en meisies nou gaan sterf, terwyl Afghanistan reeds een van die hoogste sterftesyfers tydens geboortes het. Volgens die WGO is 620 vrouens per 100 000 lewendige geboortes in 2023 dood.

Bronne: The Independent, BBC, Jacaranda FM

Lees ook: Taliban se nuwe wette verbied vrouens om in openbaar te praat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief