Lees ook: Dodetal in Gaza nou meer as 40 000
AFGHANISTAN. – Die Taliban het nuwe wette ingestel wat vrouens verbied om in die openbaar te praat. Vrouens moet hulle gesigte en lywe heeltemal bedek en mag nie hulle stem in die openbaar laat hoor nie.
Die Taliban het sedert hulle in 2021 beheer oor Afghanistan geneem het vrouens verbied van byna alle deelname aan die openbare lewe. Meisies word verbied om skool te gaan na graad 6 en vrouens mag nie werk nie. Skoonheidsalonne is ook gesluit en vrouens kan nie na gimnasiums of parke gaan nie. Vrouens mag ook nie sonder ‘n man uitgaan nie.
Die bywette beheer ook wat mans mag aantrek en verbied hulle om hulle baarde te skeer.
Homoseksualiteit, diergevegte, die speel van musiek in die openbaar, kulturele vierings, nie-Moslem vakansiedae en die afvuur van vuurwerk is ook verbode.
Die VN en ander regsgroepe het die Taliban se nuwe wette gekritiseer, maar die Taliban het hulle besware ignoreer.
Bronne: DW – South Africa, ABC News, Reuters
Lees ook: Dodetal in Gaza nou meer as 40 000





