Brekende Nuus
Afrikaans

Tanzanië bevestig uitbraak van Marburg-virus in Kagerastreek

Tanzanië bevestig uitbraak van Marburg-virus in Kagerastreek

fotokrediet: Canva
Tanzanië bevestig uitbraak van Marburg-virus in Kagerastreek fotokrediet: Canva

Lees ook: Marburg-virus versprei in Afrika

KAGERA, TANZANIЁ. – Die president van Tanzanië en die WGO het bevestig daar is ‘n uitbraak van die Marburg-virus in Kagera na een persoon positief vir die virus getoets het.

Altesaam 25 moontlike gevalle is aangemeld. Almal het negatief getoets vir die virus, maar is onder waarneming vir opvolging.

Die Marburg-virus is hoogs aansteeklik en veroorsaak hemorragiese koors. Dit behoort aan dieselfde familie van die virus wat Ebola veroorsaak.

Simptome vir die siekte begin skielik met ‘n hoë koors, erge hoofpyn en ‘n gevoel van onbehaaglikheid. Pasiënte kan binne sewe dae hemorragiese simptome ontwikkel.

Marburg-virus word aan mense oorgedra deur vrugtevlermuise en versprei deur direkte kontak met menslike vloeistowwe, oppervlakke en materiaal waaraan mense met die virus geraak het.

Bronne: WHO

Lees ook: Marburg-virus versprei in Afrika