Lees ook: Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne
AFRIKA. – Tanzanië, Rwanda en Zimbabwe het ook Johnson & Johnson se hoesstroop vir kinders herroep.
Dit volg na Nigerië se nasionale agentskap vir voedsel en medisyne-administrasie en -beheer bevind het daar is hoë vlakke diëtileenglikol in die Benylin pediatriese hoesstroop. Diëtileenglikol is potensieel giftig enstroop kan lewerversaking veroorsaak.
Kenia, Nigerië en Suid-Afrika het reeds die hoesstroop herroep wat in Mei 2021 in Suid-Afrika gemaak is.
Nigerië se nasionale agentskap vir voedsel en medisyne-administrasie en -beheer het bevind die spesifieke stroop is verbind aan die dood van dosyne kinders in Gambia, Oesbekistan en Kameroen sedert 2022.
Mense word aangemoedig om eerder nie die hoesstroop te gebruik nie.
Bronne: SABC, Reuters, BusinessLIVE
Lees ook: Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne





