KWAZULU-NATAL. – ‘n Taxibestuurder is Sondagoggend dood nadat hy met sy minibustaxi agter in ‘n stilstaande vragmotor op die N2 in ‘n noordelike rigting naby Chesterville vasgery het.
ALS Paramedics sê verskeie oproepe oor die ongeluk is ontvang.
Met aankoms op die toneel is gevind die bestuurder was die enigste persoon tydens die ongeluk in die minbus. Hy het in die wrak vasgesit en was só beseer dat hy op die toneel dood verklaar is.
Die polisie was op die toneel teenwoordig en gaan ondersoek wat tot die ongeluk gelei het.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





