Taylor Swift moet getuig in saak van Blake Lively en Justin Baldoni

Lees ook :

Taylor Swift moet getuig in saak van Blake Lively en Justin Baldoni fotokrediet: X

VSA. – Taylor Swift is gedagvaar om te getuig in die saak tussen Blake Lively en Justin Baldoni. Swift is glo genoem in ’n boodskap van Justin Baldoni aan Blake Lively aangaande die film se teks waarin hy gesê het: “Ek is mal oor wat jy gedoen het. Dit help regtig baie. Dit maak dit meer pret en interessant (en ek sou so gevoel het sonder Taylor en Ryan).”

Lees ook: Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur

Lively het ook in boodskappe aan Baldoni gesê Swift en haar man, Ryan Reynolds, is haar “vennote wat sy die meeste vertrou” en dat hulle haar “drake” is in ’n verwysing na Game of Thrones .

Swift het Vrydag die lasbrief ontvang, maar haar woordvoerder het gesê dit is ’n poging om Taylor Swift se naam te gebruik om openbare belangstelling te skep eerder as om op die feite van die saak te fokus.
Haar woordvoerder het verder gesê: “Taylor Swift was nooit op die filmstel nie, sy was nie betrokke in enige besluite nie, sy het nie notas gesien nie en sy het nie eens It Ends With US gesien tot weke na dit vrygestel is nie en was besig om in 2023 en 2024 te reis vir die grootste toer in die geskiedenis”. Die woordvoerder het gesê die enigste verbintenis wat Taylor Swift het met die film is dat sy toestemming gegee het vir die gebruik van een liedjie, My Tears Ricochet.

Lively het Baldoni beskuldig van seksuele teistering en het beweer ander vrouens was ook ongemaklik op die stel van It Ends With US. Baldoni het Lively en Reynolds gedagvaar vir naamskending. ’n Regter het beslis dat die sake in een verhoor aangehoor sal word. Die verhoor sal in Maart 2026 begin.

Bronne: CNN, CBS News, PEOPLE

Lees ook: Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief