Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur

Lees ook :

Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur fotokrediet: Skermgreep Youtube

VSA. – ‘n Federale regter het verlede week Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur.

Lees ook: Krisis spesialis dagvaar Blake Lively vir laster

Lively se regspan het gevra vir Baldoni, sy span en die werkers van Wayfarer Studios se selfoonrekords vanaf 1 Desember 2022 tot huidiglik.

Regter Lewis Liman het gesê selfs al het Lively se prokureurs nie gevra vir die inhoud van die oproepe en boodskappe nie, sal die rekords “steeds sensitiewe inligting bevat van met watter dokters, sielkundiges en kennisse die mense gepraat het en wanneer”. Hy het beslis dat sy slegs versoeke kan indien aangaande die mense wat glo deelgeneem het in die beweerde smeerveldtog teen haar.

Bryan Freedman, Baldoni se prokureur, het die regter geprys vir die beslissing en het gesê hy het “Lively se poging om ons kliënt se privaatheid in te dring gekeer”.

Bronne: Variety, The Hollywood Reporter, IMDb.

Lees ook: Krisis spesialis dagvaar Blake Lively vir laster

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief