Brekende Nuus
Afrikaans

Te midde van storms in Kaapstad, gaan grootste internasionale skolehokkie voort

Kom reën, kom wind, kom storms, maar die Kaapstad Internasionale Hokkiefees het, ten spyte van gure weer, steeds op 10 Julie op verskeie hokkievelde afgeskop. Altesaam 64 spanne (32 seuns- en 32 meisiespanne) neem deel. Spanne van so ver as Engeland neem deel. Spanne word beperk tot 48 skole wat tussen o.19-seuns en -meisies verdeel word. Die plaaslike en internasionale spanmengsel is: 25% – internasionale spanne, 20% – SA-streekspanne en 55% – Kaapstad-gebaseerde spanne.


Die toernooi word volgens die reëls van die federasie van internasionale hokkiestandaarde gespeel en bemark as die voorste o.19-skolehokkietoernooi wêreldwyd.


Op die foto probeer Kayla Swart van Windhoek Hoër vergeefs nog ‘n aanval van Paarl Gimnasium afweer. Die Gimmie meisies was net te sterk en het die Namibiërs 8 – 0 gewen. Die toernooi duur tot 14 Julie.


Foto aXnshots – Johan Maree