Te min dokters en verpleegsters aan diens in die Noord-Kaap

Lees ook :

Die DA het die LUR van gesondheid in die Noord-Kaap, Fufe Makatong, veroordeel omdat haar departement, volgens die DA, nie genoeg dokters en verpleegsters aanstel om voldoende mediesedienste in kleiner gemeenskappe te lewer nie.

Die beoordeling kom nadat Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap, John Moodey, DA-Gaugteng provinsiale leier  en Harold McGluwa, DA-Noord-Kaap provinsiale voorsitter , die Sanddift gemeenskap in Namaqualand besoek het.

Gesondheidsorg net twee dae per week beskikbaar

“Keer op keer word dit gevind die gesondheidsdepartement stel nie genoeg personeel aan om mediese fasiliteite behoorlik te bestuur nie. Net onlangs tydens ons besoek aan ’n kliniek in Sanddrift het ons uitgevind hulle is net twee dae per week oop. Boonop is daar pasiënte wat vanaf so vêr soos Kuboes af kom, om die kliniek te besoek. Raak mense van Sanddrift net twee dae per week siek?” wil Louw weet.

Hoofpad tot Sanddrift onbegaanbaar

Louw sê ’n groot gedeelte van die pad tot by Sanddrift kan net deur bakkies gebruik word. Dit bemoeilik dinge vir pasiënte wat die kliniek in ’n noodgeval besoek.

Een verlpleegster beman Richmond-kliniek

Die probleme by Sanddrift is nie ’n geïsoleerde voorval nie. Louw sê daar is net een verpleegster aan diens by die kliniek op Richmond. “Die verpleegster moet elke dag vanaf Victoria-Wes deurry. Gelukkig het sy vervoer om die pasiënte elke dag te sien,” verduidelik Louw.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief