Telegram-stigter amptelik aangekla

Lees ook :

Telegram-stigter amptelik aangekla
Telegram-stigter amptelik aangekla fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Aanklagtes teen Telegram-stigter bekend

FRANKRYK. – Pavel Durov, die stigter en hoof van Telegram, is die week amptelik aangekla vir die versuim om onwettige inhoud op die Telegram-toep te voorkom. Durov is Saterdag by die Le Bourget-lughawe in Parys in hegtenis geneem.

Hy is op voorwaardelike borg vrygelaat en moet twee keer ’n week by ’n polisiestasie aanmeld. Hy mag ook nie Frankryk verlaat nie.

Die aanklagtes teen Durov sluit in medepligtigheid aan dwelmhandel, bedrog en geldwassery. Hy word ook daarvan aangekla dat hy nie die verspreiding van kinderpornografie gekeer het nie en geweier het om dokumente met owerhede te deel.

Bronne: New York Times, The Straits Times, Times of India

Lees ook: Aanklagtes teen Telegram-stigter bekend

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief