Lees ook: Vier dae oue tweeling dood in Israeliese lugaanval terwyl pa geboortes registreer
ARGENTINIË. – Die federale polisie in Argentinië het lede van ’n beweerde Islamitiese terreurgroep in hegtenis geneem en so ’n moontlike terroriste-aanval teen Jode gekeer.
Sewe verdagtes is in hegtenis geneem wat glo die Joodse gemeenskap in Mendoza wou aanval.
Die polisie het ’n klagte ontvang van ’n Joodse joernalis wat glo gedreig is. Die polisie het die persoon identifiseer wat glo die dreigemente gestuur het, wat gelei het tot die groep wat aanlyn ’n aanval op die Joodse gemeenskap beplan het.
Vuurwapens, swaarde, messe, selfone, skootrekenaars en spelkonsole is in die verdagtes se huise gevind.
Die verdagtes is by die grens tussen Argentinië en Chile en by die Ezeiza Internasionale Lughawe in Buenos Aires in hegtenis geneem.
Bronne: DW – South Africa, Reuters, The Jerusalem Post
Lees ook: Vier dae oue tweeling dood in Israeliese lugaanval terwyl pa geboortes registreer





