Lees ook: VK werk aan plan om 60 000 Britte uit Israel te ontruim
GAZA. – ‘n Tweeling wat slegs vier dae oud was, hulle ma en ouma, is dood in ‘n Israeliese lugaanval op hulle blyplek terwyl hulle pa uit was om hulle geboorte te registreer.
Asser, ‘n seuntjie, en Ayssel, ‘n dogtertjie, hulle ma en ouma is oorlede slegs vier dae na hulle geboorte terwyl hulle pa, Mohammed Abu al-Qumsan, gegaan het om hulle geboortes te registreer.
‘n Buurman het gebel om hom te sê ‘n bom het hulle huis getref en die pasgebore tweeling, hulle ma en ouma gedood. Hy het aan die media gesê hulle het nie eens tyd gehad om die tweeling se geboorte te vier nie.
Die familie het in die sentrale deel van die Gaza-strook gebly waar hulle op bevel van die Israeliese weermag gebly het toe hulle hulle oorspronklike woonplek moes ontruim. Volgens die Gaza-gesondheidsadministrasie is 115 pasgebore babas reeds in die oorlog gedood.
Die Israeliese weermag het nie kommentaar oor die aanval gelewer nie.
Bronne: The Independent, BBC, CNN
Lees ook: VK werk aan plan om 60 000 Britte uit Israel te ontruim





