[t4b-ticker]

Thabo Bester beweer ‘politieke magte’ was betrokke by sy ontsnapping

Lees ook :

Thabo Bester beweer ‘politieke magte’ was betrokke in sy ontsnapping
Thabo Bester beweer ‘politieke magte’ was betrokke in sy ontsnapping fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Thabo Bester vra vir doodstraf, kla oor klere

BLOEMFONTEIN. – Thabo Bester het gister tydens sy hofverskyning ‘n tirade afgesteek waartydens hy gekla het oor sy klere, die manier waarop hy behandel word in die tronk en toe het hy vir die doodstraf gevra.

Bester en sy medebeskuldigdes, insluitend sy meisie, Nandipha Magudumana, was in die hof vir ‘n voorverhoor wat uitgestel is ná Bester se regsverteenwoordiger hom aan die saak onttrek het.

Die saak is tot 24 Julie uitgestel en Bester is beveel om ‘n nuwe regsverteenwoordiger aan te stel.

Bester het dit in sy uitbarsting gehad oor die klere wat hy moes aantrek na hy gesê is sy ontwerpersklere skep die verkeerde indruk. Hy het ook gekla dat hy nie kontak het met enigiemand behalwe sy wag in die tronk nie en dat sy oproepe afgeluister word. Daar is ook gekla oor wat die media van hom berig.

Bester het vir die doodstraf gevra en gesê sy medebeskuldigdes moet vrygelaat word. Hy het ook toe beweer “politieke magte” in “hoër kantore” het hom help ontsnap.

Bronne: IOL, Daily Voice, EWN

Lees ook: Thabo Bester vra vir doodstraf, kla oor klere

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief