Brekende Nuus
Afrikaans

Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in hof

Aanklagtes teen drie van die beskuldigdes, wat in G4S gewerk het toe Bester ontsnap het, is onttrek.

Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in die hof

fotokrediet: Skermgreep
Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in die hof fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nandipha Magudumana se borgtogappèl van die hand gewys

VRYSTAAT. – Thabo Bester en sy medebeskuldigdes sal na verwagting vandag hulle eerste verskyning in die Vrystaatse hooggeregshof maak vir die voorverhoor.

Bester, Nandipha Magudumana en sewe medebeskuldigdes verskyn vandag vir die voorverhoor in verband met Bester se ontsnapping in 2022 uit die Mangaung-gevangenis. Aanklagtes teen drie van die beskuldigdes, wat in G4S gewerk het toe Bester ontsnap het, is onttrek.

Bester en sy medebeskuldigdes sal verhoor word vir Bester se ontsnapping uit die Manguang-gevangenis in Mei 2022. Bester en Magudumana is in April 2023 in Tanzanië in hegtenis geneem.

Die staat het te kenne gegee hulle is gereed vir die verhoor.

Bronne: EWN, IOL, Jacaranda FM

Lees ook: Nandipha Magudumana se borgtogappèl van die hand gewys