Lees ook: Thabo Bester doen aansoek by hof vir toegang tot skootrekenaar
PRETORIA. – Thabo Bester se aansoek om toegang tot ’n skootrekenaar in die gevangenis te kry, is van die hofrol geskrap.
Bester was gister in die hof waar hy gesê het hy het ’n skootrekenaar nodig om voor te berei vir sy komende deportasiesaak. Die regter het gesê sy aansoek is nie dringend nie en dat hy toegang sal hê tot die inligting wat hy nodig het. Bester het aangevoer studente in die gevangenis kry skootrekenaars en aangedring daarop dat hy ‘n grondwetlike reg het op toegang tot ‘n skootrekenaar.
Die regter het gesê hy het nie ‘n grondwetlike reg op ‘n rekenaar nie en sal die inligting kry wat hy moet hê, dit sal net nie elektronies wees nie.
Bronnne; IOL, The Citizen, Jacaranda FM
Lees ook: Thabo Bester doen aansoek by hof vir toegang tot skootrekenaar