Tiener (13) verkrag glo suster (5)

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ‘n Tienerseun (13) het glo Sondag omstreeks 15:00 sy suster (5) verkrag. Die Bandelierkop-polisie ondersoek die voorval wat in die Vhembe-distrik aangemeld is.

Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die kind aan haar ouer vertel dat haar broer haar na bewering na ’n kamer geroep het waar die voorval plaasgevind het. Sy is vir ‘n mediese ondersoek na ’n plaaslike hospitaal geneem, waartydens ‘n kriminele saak by die polisie geopen is. Die saak is intussen vir verdere ondersoek na die Makhado-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) oorgeplaas. Die seun bly in die sorg van sy ouers terwyl die saak ingevolge die kinderregtewet deur ’n proefbeampte hanteer word.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het haar kommer oor die beweerde voorval uitgespreek. Sy sê dit is noodsaaklik dat ouers meer betrokke bly by hul kinders se gedrag is en wat hulle op media en tegnologie sien. “Ouers moet toesien dat kinders in veilige omgewings grootword waar hulle enige ongemaklike situasies sonder vrees kan aanmeld,” het Hadebe gesê.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief