Tiener en kleuter van Elsiesrivier word gesoek

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Zoe Joshua (17) en Jermica Andrews (3) van Salberau, Elsiesrivier, word deur die Bishop Lavis-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) gesoek. Die publiek word gevra om te help om hulle op te spoor.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring, volgens inligting het Zoe op 11 September die huis met die kleuter verlaat sonder om iemand in te lig. Ten tyde van hul verdwyning het Zoe ’n swart cargobroek en pienk pantoffels gedra, terwyl Jermica geklee was in ’n pienk broekie, ’n groen sweetpaktop, ’n groen T-hemp en bruin sandale.

Enigiemand met inligting oor waar die twee hulle bevind, word gevra om speur.konst. Aden Carelse by 082 522 1090 bel.

.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief