Tiener en tuinwerker tydens huisroof beseer

Lees ook :

Foto's: The Naked Truth en aan Rekord verskaf

GAUTENG. – ‘n Tuinier is Maandag omstreeks 14:35 in Bosveldstraat, Wonderboom, deur vier verdagtes oorrompel en aangerand. Luann Combrink (14), ‘n gr. 8-leerling en kranige hokkiespeler van Hoërskool Overkruin, het ten tyde van die huisroof by die huis gekom en is soos die tuinier oor die kop geslaan en vasgebind.

Kapt. Johan van Dyk, Tshwane-distrikspolisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die tuinier het agter in die erf gewerk toe hy ‘n geraas hoor. Verdagtes het die motorhek oopgebreek en met ‘n wit Toyota Hilux dubbelkajuitbakkie die erf agteruit binnegery. Toe die tuinier ondersoek instel, het drie Zoeloe-sprekende verdagtes hom met ’n bylhandvatsel geslaan, sy hande met kabelbinders vasgemaak en hom in die kombuis gedwing om te gaan lê. Hulle het dadelik gevra waar die kluis is.

Luann het tydens die aanval op die tuinier van die skool af gekom en is ook oor die kop geslaan en vasgebind. Die tuinier het ’n sny aan sy linkerwang opgedoen en die seun het swaar gebloei van ‘n kopwond. Die seun kon daarin slaag om by die Hoërskool Overkruin hulp te gaan ontbied, waarna die verdagtes die toneel verlaat het.

Volgens Van Dyk het die verdagtes die huis geplunder, elektroniese toerusting uit die huis in die bakkie gelaai en daarna weggery. Die polisie ondersoek die huisroof en alle leidrade word opgevolg.

Volgens Rekord is die Combrink-woning met ‘n hekkie aan die skool verbind. Luann het ten tyde van die aanranding sy bewussyn verloor, maar kon hulp by die skool gaan vra toe hy sy bewussyn herwin het. Hy is aanvanklik by Montana-hospitaal behandel, waarna hy na Groenkloof-hospitaal oorgeplaas is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief