Tiener se naakte liggaam in veld gevind

Lees ook :

Photo: Canva

Kgatlego Mere (17) se naakte liggaam is Maandag 3 Julie 2023 om ongeveer 13:45 deur ‘n verbyganger in ‘n veld naby Diepkloof, Olifantshoek, in die Noord-Kaap, gevind.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisie versoek die hulp van die gemeenskap vir inligting wat kan help met die ondersoek.

Die oorledene het merke aan haar gesig gehad. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Sy is die laaste keer op Vrydag 30 Junie 2023 deur haar ouers by hul huis op Olifantshoek gsien.

Enigiemand met inligting kan speurder-sersant Martin Nkatlholang by 082 302 0395 kontak.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief