Tiener van selfoondiefstal beskuldig, geskiet

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tiener (18) in gr. 10, wat van selfoondiefstal beskuldig is, is Dinsdagmiddag in Fana Khumalostraat in Amoutana, met ‘n skietwond langs die pad aangetref.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is kort voor 18:00 vir hulp ontbied, vir die tiener wat glo in die teenwoordigheid van sy “besope” pa geskiet is. Die pa het reaksiebeamptes ingelig hy en sy tienerseun was tuis toe drie beweerde bekende dwelmhandelaars hulle met vuurwapens gekonfronteer het.

Een van die beweerde dwelmhandelaars het glo die tiener van die diefstal van ‘n selfoon beskuldig toe hy self op 27 November 2024 deur mededingende bendelede geskiet is. Die tiener het die bewerings teen hom ontken en gesê hy was ten tyde van die voorval in die biblioteek.

Die verdagtes het hierna glo losgebrand en te voet gevlug. ‘n Skoot het die tiener in sy regterbeen getref en ‘n tweede is rakelings teen sy kop verby. Hy is op die toneel behandel, waarna hy met ‘n ambulans vir verdere mediese hulp na ‘n hospitaal vervoer is.

Rusa bevestig twee koeëldoppies, van verskillende kaliber wapens, is op die toneel gekry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief