Tiener veg teen nierversaking na sy by McDonald’s eet

Lees ook :

Tiener veg teen nierversaking na sy by McDonald’s eet
Tiener veg teen nierversaking na sy by McDonald’s eet fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog ‘n petisie begin teen Mej. Heelal Nigerië, Chidimma Adetshina

DENVER, VSA –  ‘n Tiener (15) is in die hospitaal opgeneem en veg tans teen nierversaking weens komplikasies van voedselvergiftiging na sy by McDonald’s geëet het.

McDonald’s in die VSA het in Oktober ‘n uitbraak van e.coli gehad met gekontamineerde uie wat voorlopig as die oorsaak geïdentifiseer is. Kamberlyn Bowler (15) het drie keer kort na mekaar hamburgers by McDonald’s geëet voor die waarskuwing oor die e.coli uitgereik is.

Sy is een van 75 mense wat siek geraak het en een van 22 wat in die hospitaal opgeneem is. Een persoon is oorlede.

Bowler se ma is een van verskeie mense wat McDonald’s dagvaar.

Bronne: The Independent, Newsweek, ABC News

Lees ook: Nog ‘n petisie begin teen Mej. Heelal Nigerië, Chidimma Adetshina

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief