Tiener verdrink in dam

Lees ook :

Foto: NSRI

KWAZULU-NATAL. – ’n Seun (17) het Maandagoggend in ’n dam tussen Monzi en Mtubatuba, landinwaarts van St Lucia, verdrink.

Luidens ‘n verklaring deur Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê Melinda Snyman, die stasiebevelvoerder van St.Lucia, die reddingspan is ná 07:00 vir ‘n verdrinking ontbied. Die polisie het hulle saam met die NSRI na die toneel gehaas. Met aankoms het die gemeenskap aangedui waar die tiener vermoedelik onder die water was. NSRI-swemmers het die dam deursoek en die seun se liggaam saam met die polisie aan land gebring. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die liggaam is aan die polisie en staatspatoloog oorhandig, waarna die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek geopen het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief