Tiener wat by Hawston-strand swem, vermis

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ’n 14-jarige seun van Grabouw wat Sondag by Hawston-strand, tussen Hermanus en Kleinmond, vermis geraak het terwyl hy geswem het, word steeds deur die polisie en reddingsdienste gesoek.

Luidens ‘n verklaring deur Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, is ‘n reddingspan volgens Edrich Kotze, Hermanus-stasiebevelvoerder, ná 12:00 geaktiveer nadat ooggetuies ‘n moontlike verdrinking aangemeld het. Reddingspanne van Hermanus en Kleinmond het hulle onmiddellik na die toneel gehaas, terwyl reddingsvaartuie van Stasie 17 in Hermanus en Stasie 42 in Kleinmond ook ontplooi is. Verskeie nood- en veiligheidsdienste, insluitend die polisie, ambulansdienste, brandweer- en reddingsdienste, wetstoepassing en veiligheidsdienste het met die soektog gehelp. ‘n Metro-hommeltuig is gebruik om vanuit die lug te soek.

Soektogte, met reddingswemmers wat lynsoektogte in die water gedoen het, was nie suksesvol nie. Die tienerseun is laas in die water naby die rotse by “op die punt”, Hawston-strand, gesien.

Die polisie het ’n ondersoek geopen en sy duikeenheid sal die soektog voortsit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief