VRYSTAAT. – ’n 17-jarige meisie is in hegtenis geneem nadat sy glo haar mansvriend (29) in Phiritona, Heilbron, met ’n mes doodgesteek het.
Luidens ‘n verklaring deur sers. Josephine Rani, het die voorval Maandagoggend omstreeks 04:20 plaasgevind. Polisiebeamptes het die slagoffer met ’n steekwond aan die bolyf langs die heining van een van die huise aangetref. Nooddienste het hom dood verklaar. Daar word beweer dat die verdagte die slagoffer tydens konflik gesteek het.
Die 17-jarige sal binnekort op aanklag van moord in die Heilbron-landdroshof voorkom.





