Tieners in hof ná aanval op polisiebeampte

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MOSSELBAAI. – Vier tieners het Maandag op aanklagte van poging tot moord in die Mosselbaai-landdroshof verskyn. ‘n Polisiekonstabel (30) wat aan die Da Gamaskop-polisiekantoor in Mosselbaai verbonde is en Sondagoggend van diens af was, is met ‘n byl en ander skerp voorwerpe aangerand.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder van die Tuinroete, sê volgens die ondersoek het die konstabel en sy lewensmaat omstreeks 01:45 in Dalindyebostraat in Mosselbaai gestap. ‘n Groep verdagtes het hulle na bewering genader en die konstabel aangerand. Hy het lewensgevaarlike beserings aan sy nek en kop opgedoen, waarna die aanvallers hom agtergelaat en van die toneel gevlug het. Die beampte is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem waar hy steeds in ‘n kritieke toestand is.

Spies sê die ondersoek het op dieselfde dag tot die inhegtenisneming van vier verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 16- en 19 jaar oud, gelei. Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie en vorm deel van die polisie-ondersoek. Intussen is interne SAPD-gesondheidspraktisyns vir werknemerwelstand (EHW- Employee Health and Wellness) deur polisiebestuur aangewys om die lid en sy familie te ondersteun.

Die provinsiale bestuur het die aanval ten sterkste veroordeel en die ondersoekbeamptes geloof vir hul vinnige optrede om die verdagtes aan te keer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief