Tienerseun (16) verdrink op Muizenberg

Lees ook :

'n Tienerseun het Saterdag op Muizenberg verdrink. Foto: NSRI

MUIZENBERG, WES-KAAP. ’n Tienerseun (16) het Saterdagoggend op Muizenberg verdrink.

Reddingswerkers is om 09:38 na ’n toneel by die Zandvlei-riviermond ontbied nadat hulle inligting van ’n verdrinking ontvang het.

Volgens die Nasionale Seereddingsinsituut is ’n Britse man, Archie Moberly, wat tans in Kaapstad woonagtig is, deur kinders gevra om twee van hulle vriende uit die branderplankry-sone te help. Moberly kon daarin slaag om een seun uit te kry, maar die ander seun het onder die water verdwyn voordat hy hom kon bereik.

’n SkyMed-helikopter het die seun van bo af opgemerk waarna ’n lewensredder hom aanland gebring het.

Die drenkeling is op die toneel dood verklaar ondanks pogings om sy lewe te red. Volgens inligting is die slagoffer van Makhaza.

Archie Moberley het lof vir die redding van die ander seun ontvang. Baaiers is gemaan om slegs op strande waar lewensredders aan diens is, te swem.

’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.

Bronne: NSRI, EWN

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief