Tienerseun gearresteer vir 6-jarige meisie se ‘verkragting’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (17) is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n meisie (6) in Februarie 2023 verkrag het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die meisie is op die betrokke dag by haar ouerhuis in Nwa-Marhanga-woonbuurt gelos, terwyl die klaagster, haar ma, na die sportgronde is.

“Volgens inligting het die slagoffer haar ma meegedeel dat ‘n bekende by die huis opgedaag en haar met geweld na die toilet geneem het, waar hy haar verkrag en daarna van die toneel gevlug het.”

Die insident is eers op 16 September 2024 by die polisie aangemeld. ‘n Saak van verkragting is oopgemaak, waarna die verdagte Woensdag deur sy ouers aan die polisie oorhandig is. Hy is daarna gearresteer en in die sorg van sy ouers vrygelaat.

“‘n Proefbeampte is aangestel en sal na verwagting binnekort ‘n assesseringsverslag oor die verdagte, met betrekking tot die hofverrigtinge, saamstel.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App