NOORD-KAAP. – ‘n Seun (17) wat drie jonger seuns, onderskeidelik 4, 6 en 8 jaar oud, in Nieuwoudtville verkrag het, is Vrydag 12 jaar tronkstraf deur die Calvinia-streekhof opgelê.
Kol. Cherelle Ehlers sê die verkragtings het sedert 2021 verskeie keer voorgekom vandat die beskuldigde ‘n skrale 14 jaar oud was. Hy sou die seuns oorval terwyl hulle alleen sokker speel. Die beskuldigde is op vyf aanklagte van verkragting, 12 jaar elk op elke aanklag, gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Lt.genl. Koliswa Otola het speur.AO David Matthys en Darryl Bromkamp, die staatsaanklaer, vir die suksesvolle samewerking wat tot die jong beskuldigde se vonnis gelei het, geprys.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]




