LIMPOPO. – ‘n Tienerseun (15) is Sondagoggend vroeg vir die steekdood van ‘n 17-jarige seun in Vila Nora in die Waterberg-distrik in hegtenis geneem.
Volgens kol. Malesela Ledwaba is die polisie van Vila Nora na ‘n toneel by ‘n taverne ontbied. Die slagoffer was glo reeds deur die taverne-eienaar na ‘n kliniek geneem waar hy met aankoms dood verklaar is.
Voorlopige ondersoek dui aan hy is met ‘n skerp voorwerp in sy bolyf gesteek.
‘n Moordsaak is geregistreer en die verdagte is nog dieselfde dag opgespoor en in hegtenis geneem.
Die motief vir die insident is deel van die moordondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





