Brekende Nuus
Afrikaans

Tienerseuns vir ‘verkragting’ op skoolperseel in hegtenis geneem

Twee tienerseuns is vir die verkragting van 'n minderjarige meisie op 'n skoolperseel in hegtenis geneem.

Tieners in hegtenis vir beweerde verkragting van minderjarige op skoolperseel
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Twee tienerseuns (14) is vir die beweerde verkragting van ‘n meisie (12) op ‘n skoolperseel in Kgotsong, Bothaville, in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng sê ‘n video van die voorval word op sosiale media versprei. Die dogter se ma het ‘n saak van verkragting aangemeld.

Polisielede verbonde aan GKS-Welkom en die eenheid vir kinderbeskerming en seksuele oortreding onder leiding van lt.kol. Bizzah Ntsiane het die insident opgevolg.

Die seuns, beide 14 jaar oud, is vir verkragting in hegtenis geneem, waarna hulle aangekla is. Hulle is daarna in die sorg van hulle ouers vrygelaat. Die twee seuns sal Maandag in die Bothaville-landdroshof verskyn.