PHILIPPI-OOS, WES-KAAP. – ‘n Tiener (17) is Vrydag vir die beweerde betrokkenheid by ‘n polisielid se moord in 2022 deur die Valke vasgetrek.
Adj.off. Zinzi Hani sê die vermoorde polisielid van PKRS in Pretoria was met vakansie toe hy in Kaapstad doodgeskiet is. Sy dienspistool is tydens sy moord gesteel.
Die tienerverdagte sal na verwagting Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





