FILIPPYNE. – Twee mense is gister dood toe tifoon Kalmaegi swaar reën en sterk winde in die Filippyne veroorsaak het.
Lees ook: Rekordoorstromings in Viëtnam lei tot lewensverlies
Die tifoon het gistermiddag ‘n snelheid van tot 140 km/h bereik toe dit in die suidelike Leyte en Cebu begin woed het.
Kalmaegi sal Woensdag oor die Visayas-eiland en oor die Suid-Chinese see beweeg. Die Viëtnamese regering het vandag gesê dit berei voor vir die impak van Kalmeagi wat voorspel is om die land Donderdagaand te tref.
Bronne: DW – South Africa, The Independent, The Indian Express
Lees ook: Rekordoorstromings in Viëtnam lei tot lewensverlies





