Lees ook: TikTok sê VSA se poging om toep te verban tas vrye spraak aan
VSA. – TikTok het die VSA gedagvaar om die wet om TikTok te verban tensy dit verkoop word, te blokkeer.
Die maatskappy het aangevoer die VSA se poging om die toep te verban is ‘n “oortreding van die regte van vrye spraak” van die maatskappy en hulle Amerikaanse gebruikers. TikTok het gesê die VSA het slegs “spekulatiewe bekommernisse” voorgehou om die verbanning te regverdig. Die maatskappy het die hof gevra om dit te keer.
President Joe Biden het verlede maand die wet geteken om TikTok te verban met die regverdiging dat dit nodig is vir nasionale veiligheid.
Bronne: BBC, CNN, Sky News
Lees ook: TikTok sê VSA se poging om toep te verban tas vrye spraak aan





