Lees ook: Taylor Swift spreek steun vir Kamala Harris as president uit
Bobby Graves (35), ‘n gewilde TikTokker en gesoute langafstandhardloper, het Sondag ineengestort en gesterf nadat hy die Disneyland Halloween Half Marathon voltooi het.
Graves, wat onder die TikTok-gebruikersnaam Calebgtravels reisinligting gedeel het, het tydens die laaste meters oor die eindstreep sy bors vasgehou voordat hy ineengestort het. Hy is kort daarna by ‘n hospitaal dood verklaar.
Graves het voor die marathon ‘n video op TikTok geplaas waarin hy kommer uitgespreek het oor die intense hitte in Kalifornië. Hy het vertel dat hy die dag voor die wedloop flou geword het weens hitte-uitputting, nadat hy ‘n tyd lank buite was. Ten spyte van sy kommer het hy besluit om deel te neem. Tydens die marathon het die temperatuur 42°C bereik.
Bronne: The Independent, DC News Now, inkl, TikTok
@calebgtravels Disneyland Halloween half mararhon is tomorrow and this heat got me looking crazy #disney #rundisney #disneyland #disneyparks #run ♬ original sound – Caleb
Lees ook: Taylor Swift spreek steun vir Kamala Harris as president uit