TikTokkers vyl tande gelyk met naelvyltjies

Lees ook :

TikTok-gebruikers het onlangs ‘n nuwe videotrend begin waarin ‘n naelvyltjie gebruik word om hul tande te vyl. Kenners waarsku egter dat dit permanente skade kan veroorsaak.

“Tande is nie soos naels of hare wat na ‘n rukkie net weer teruggroei nie. Tande is permanent,” sê dr. Chad Evans, ‘n tandarts.

Om jou hare te kleur, jou naels te verf of tuisgemaakte skoonheidsprodukte te gebruik, is algemeen op TikTok, maar om jou ongelyke tande met ‘n naelvyltjie gelyk te vyl, is iets wat jy verkieslik moet vermy.

Dr. Evans het aan Insider gesê jy doen ernstige skade aan jou tande. As jy die emalje op jou tande afskuur, sal dit nie weer teruggroei nie. Die risiko van tandsensitiwiteit bestaan ook.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief