In die twaalfde episode van Op my Eish! raak dinger witwarm, want een van die vier oorblywende vroue moes huis toe gestuur word.
Elkeen het ’n alleenafspraak met Brendan gekry. Dit was sy kans om sy konneksie met elke vrou te toets voordat die groot besluit geneem is.
Katja kry ’n prettige helikopterrit en piekniek. Hulle eet soesji en drink sjampanje. Brendan erken dat hy meer van Katja gesien het as wat hy verwag het. Katja voel sy het haar hart vir hom tydens die afspraak gegee.
Rachelle word bederf met ’n spa-dag. Dit is vir haar ongemaklik, maar sy geniet dit tog. Sy is nie spyt sy het vir die reeks ingeskryf nie.
Brendan en Jonelle deel ’n dag vol avontuur by die Saulspoort-dam buite Bethlehem. Hulle maak nachos. Dit is tydens hierdie afspraak waar Jonelle meer van haarself deel en hulle soen mekaar vir die eerste keer.
Janae stel Brendan tydens hulle afspraak gerus dat die seiljag om die wêreld slegs ’n opsie was voordat sy vir die kompetisie ingeskryf het. Sy vertel alles hang af van hoe dinge tussen hulle gaan uitwerk. Brendan erken hy hou baie van haar.
Aan die einde stuur hy vir Jonelle huis toe omdat hy voel dat hy die minste konneksie tussen hulle voel. Sy wens hulle het meer tyd gehad, maar aanvaar dit.
In die volgende episode kan kykers verwag om Brendan se ma te sien.
Bronne: kykNET, Terloops

