GAUTENG. – Die departement van basiese onderwys is bewus van vertragings in die betaling van toelaes aan sommige onderwys- en algemene skoolassistente onder Fase IV van die Presidensiële Jeugindiensneming vir Basiese Onderwys (PYEI).
Volgens die departement word daar nou saam met provinsiale onderwysdepartemente gewerk om die uitstaande kwessies op te los. Dit sluit agterstallige betalings, verifikasie-vertragings en onvolledige bankbesonderhede in. Assistente wat geraak is, word aangemoedig om met hulle skoolkoördineerders of distrikskantore in verbinding te tree.
Die departement het alle assistente bedank vir hul geduld en volgehoue diens aan skole.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com





