Toermaatskappy maak toe na helikopter in Hudson-rivier val

Lees ook :

Toermaatskappy maak toe na helikopter in Hudson-rivier val fotokrediet: X

VSA. – Die federale lugvaartadministrasie het bevestig die toermaatskappy waarvan die helikopter onlangs in die Hudson-rivier geval het, het onmiddellik hulle bedrywighede gestaak.

Lees ook: Ondersoke oor Hudson helikopterongeluk gaan tyd neem sê NTSB

Ses mense is Donderdag oorlede na die helikopter van New York Helicopter Tours, met al sy insittendes, neergestort het en in die Hudson-rivier beland het. ’n Spaanse familie – drie jong kinders en hulle ouers – asoook die vlieënier, het in die ongeluk omgekom.

Die federale lugvaartadministrasie het bevestig dit ondersteun die NTSB se ondersoek en hersien die toermaatskappy se lisensie en veiligheidsrekord.

Die NTSB het Sondag bevestig daar was geen vlugopnemers in die helikopter nie en geen inligting wat vir die ondersoek gebruik kan word, is opgeneem nie.

Daar word nog na dele van die helikopter gesoek.

Bronne: AOL, The Independent, Fox News

Lees ook: Ondersoke oor Hudson helikopterongeluk gaan tyd neem sê NTSB

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief