Tracking Thabo Bester breek rekord vir grootste kykertal

Lees ook :

Tracking Thabo Bester breek rekord vir meeste mense wat dit kyk
Tracking Thabo Bester breek rekord vir meeste mense wat dit kyk fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nandipha Magudumana glo deur medegevangenes aangerand

Die dokumentêr Tracking Thabo Bester het die rekord gebreek vir die mees gekykte dokumentêr op Showmax op die eerste dag. Dit het die vorige rekordhouer, Rosemary’s Hitlist, in slegs ’n paar uur verbygesteek.

Die dokumentêr gaan oor die Facbook-verkragter, Thabo Bester, wat uit die tronk ontsnap het met sy medebeskuldigde, dr. Nandipha Magudumana.

In die dokumentêr vertel die joernaliste van GroundUp van die ondersoek wat hulle na Bester gelei het na sy “dood” in die Mangaung-gevangenis. Hulle praat oor die man wat dood is in sy sel, hoekom hy die Facebook-verkragter genoem is en hoe Magudumana saam met hom gevlug het. In die eerste episode vertel die joernaliste wat die storie gebreek het van die anonieme inligting wat hulle ontvang het dat Bester nie dood is nie. In die tweede episode is ‘n Jacaranda FM-joernalis aan die woord oor die eerste keer wat hy Bester ontmoet het.

In die dokumentêr word met Magadumana se broer gepraat, iets wat Bester en Magudumana bekommer het. Hulle het verlede week hof toe gegaan om te probeer keer dat die dokumentêr op die kassie gewys word.

Bronne: IOL, The Citizen, Jacaranda FM

Lees ook: Nandipha Magudumana glo deur medegevangenes aangerand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief