Nandipha Magudumana glo deur medegevangenes aangerand

Lees ook :

Nandipha Magudumana glo deur mede-gevangenes aangerand
Nandipha Magudumana glo deur mede-gevangenes aangerand fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nandipha Magudumana glo in tronk aangerand

KROONSTAD. – Nandipha Magudumana is glo die naweek deur ’n toordokter en ’n geestesversteurde vrou aangerand.

Magudumana se prokureur het aan eNCA gesê sy het hom gekontak om te sê sy is die naweek aangerand en sy is in pyn. Hy eis dat sy na ’n ander tronksel geskuif word.

Haar prokureur het gesê sy is voorheen gedreig, maar niks is daaraan gedoen nie. Magudumana en die toordokter het glo probleme ontwikkel oor die singery en gebede deur die ander gevangenes in die sel. Sy het glo Sondag saamgesing en gebid en dis hoekom sy na bewering aangeval is.

Volgens die woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste is nog geen klagtes van Magudumana of haar prokureur oor enige aanrandings ontvang nie.

Magudumana en Bester sal op 5 Junie weer in die hof verskyn.

Bronne: IOL, The Citizen, eNCA

Lees ook: Nandipha Magudumana glo in tronk aangerand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief